‘Geteikende’ tolpaaie dalk op pad?
Die Padfondsadministrasie sê hy ondersoek nou geteikende tol-fooie as ‘n moontlike oplossing vir die voortdurende finansieringsuitdagings wat die land se padinfrastruktuur in die gesig staar. Tolpadplanne is verlede jaar opgeskort weens die ongunstige ekonomiese situasie. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het aan The Brief gesê dat ‘n onmiddellike oplossing om in die finansieringsbehoeftes te voorsien, is om bestaande heffings soos brandstofbelasting en voertuiglisensies aan te pas. Hy het egter beklemtoon dat sulke maatreëls net korttermyn-verligting sal bied.