Gestrande seekoeie se lewens deur ministerie gered
Die omgewing-ministerie se onlangse ingrypings om die seekoeie wat in die Salambala-bewarea gestrand is te red, was uiters suksesvol. Die voortslepende droogte het veroorsaak dat die poel waar hierdie seekoeie woon aansienlik opgedroog het totdat net modder oorgebly het. In Mei vanjaar is die situasie as kritiek beskou en het onmiddellike optrede vereis. Die ministerie het ‘n hoë-kapasiteit waterpomp en kragopwekker, ter waarde van 66 531 Namibiese dollar, aangeskaf. Die pomp, wat 18 000 liter per uur lewer, is in Junie geïnstalleer. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, is aan die woord.