Gesprek oor skietdood van 5 ‘rowers’ verander in gesprek oor polisie-geweld
Die skietdood van vyf vermeende rowers verlede week op Okahandja bly plaaslik in die nuus. Op sosiale media is verskeie menings uitgespreek, onder andere, dat werkloosheid tot misdaad lei. Dit was die siening van die prokureur Kadhila Amoomo maar nou meen hy dat die kwessie van die polisie se geweld bespreek moet word. Ander meen weer dat die vyf bekende misdadigers was en dat hulle en hul vriende en familie almal lekker gelewe het op geld wat gesteel is. Dus, in die beskerming van menseregte, beteken dit nie die samelewing moet liggelowig wees nie. Ander sê weer geldgierigheid en nie armoede nie, was die hoofdoel van die misdade wat die vyf vermoedelik gepleeg het. Die polisie sê die vyf, wat bekend aan hulle was en lang rekords gehad het, het eerste geskiet en dus het hul geen ander opsie gehad as om terug te skiet nie.