Gespanne? Speel met jou kind se Lego’s

‘n Opname wat onlangs deur Lego gedoen is, het aan die lig gebring 86 persent van volwassenes is rustiger nadat hulle met kinders se boublokkies gespeel het. Volgens die opname het 91 persent aansienlik beter gevoel nadat hul met Lego-blokkies gespeel het. Lego se bemarkingstrateeg, Genevieve Capa Cruz, sê volwassenes wat onder baie druk werk,  gebruik Lego om van spanning en angs ontslae te raak.