Gesondheidsversekering: AfriForum gaan hof toe

AfriForum maak gereed vir ‘n klasaksie-geding teen die regering, president Cyril Ramaphosa, die Parlement en die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, oor die onbekostigbare nasionale gesondheidsversekeringspolis. AfriForum se veldtogbeampte, Louis Boshoff, sê hulle beoog om die instel van die wetsontwerp te stuit en verantwoordelike partye aanspreeklik te hou. Hy het teleurstelling uitgespreek in Ramaphosa se gebrek aan openbare verdediging van die wet: