Gesondheidstender: N$148 per kondoom?

Plaaslike media berig oor die omstrede toekenning van ‘n gesondheidstender aan sakeman Shapwa Kanyama se maatskappy, Amnics Trading. Die 650 miljoen Namibiese dollar tender beslaan 23 persent van die totale bedrag van 2,8 milard dollar wat deur die ministerie bestee word aan aankope. Hy sal, onder andere, 750 000 kondome verskaf teen ‘n totale bedrag van 111 miljoen Namibiese dollar. Dit bring die koste per kondoom op 148 dollar – elk. Hy sal ook chirurgiese handskoene vir 400 miljoen dollar verskaf sowel as ander mediese voorrade soos naalde, lemme, verbande, sterilisasiepapier, en meer. Volgens berigte het hy amptelik, volgens rekords van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, net drie werkers in diens alhoewel hy sê hy 50 mense in diens het.