Gesondheidsnoodtoestand in Florida afgekondig

Die Amerikaanse minister van Gesondheid en Humanitêre Dienste, Xavier Becerra, het ʼn openbare gesondheidsnoodtoestand in Florida afgekondig. Die doel is om Orkaan Milton se moontlike uitwerking op die sektor te hanteer. Dis die tweede soortgelyke afkondiging die afgelope twee weke ná verlede maand se dodelike Orkaan Helene. Milton is tans ʼn kategorie vyf-storm. Becerra sê hulle het sowat 100 personeellede asook mediese toerusting en voorrade ontplooi om die staat te help om mediese- en openbare gesondheidsbehoeftes te hanteer.