Gesondheidsministerie se ambulanse is in ‘n benarde toestand

Die gesondheidsministerie beplan om 17 voertuie in ambulanse te omskep en om meer voertuie gedurende die huidige boekjaar aan te koop. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie sê die 17 voertuie sluit 11 paneelwaens en ses bakkies in. Hy sê die ministerie se begroting vir ambulans-aankope vir die huidige boekjaar is 24 miljoen Namibiese dollar en voeg by dat die mees onlangse voertuig-aankope vir ongeveer 60 ambulanse laas in 2016 was. Volgens Nangombe is ongeveer 184 ambulanse in ‘n werkende toestand, waarvan net drie in ‘n goeie toestand is, en die res is in óf ‘n redelike óf swak toestand. In die hoofstad is drie ambulanse aan Katutura-staatshospitaal toegeken en sewe aan die Windhoek Sentrale Hospitaal, waarvan twee in werking is en in landelike gebiede gaan dit nie beter nie. Die ministerie werk aan ‘n lang termyn plan om die ambulanse te vervang.