Gesondheidsdepartement gaan Gauteng bankrotteer: DA

Die DA in Gauteng sê die wanbestuur en gebrek aan finansiële en prestasie-oorsig in die provinsiale Gesondheidsdepartement het ʼn regstreekse uitwerking op gesondheidsorg se gehalte. Die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, het onlangs gewaarsku die provinsie gaan bankrot speel as die departement nie daarin slaag om sy ongebreidelde administratiewe en finansiële wanbestuur te beheer nie. Alan Fuchs van die DA sê die departement se materiële verlies van 2,7-miljard Suid-Afrikaanse rand word toegeskryf aan sy versuim om skuld in te vorder.