Gesondheidsdepartement eis verskoning oor ‘vals nuus’

Die gesondheidsdepartement in Limpopo ontken ʼn berig in die aanlyn Giyani View dat ʼn swanger vrou op haar eie geboorte geskenk het by die Nkhensani-hospitaal nadat die verpleegkundiges geweier het om haar te help. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê geen klag is by die hospitaal ingedien nie en hulle kon die vermeende slagoffer opspoor. Hy sê sy ontken dat sy ʼn ervaring by die hospitaal beleef het soos wat die publikasie beweer.