Gesondheid wag nog op uitslae na siekte in vis in Noorde

Die gesondheidsministerie maan gemeenskappe rondom die Shanalumono-vloedvlakte om nie vis van die vloedwater te vang en te eet nie, aangesien daar ‘n moontlike siekte is. Dooie visse en sommiges met bloedkolle is ontdek langs die vloedvlaktes in die Ongenga-kiesafdeling in die Ohangwena-streek. Amptenare van die ministeries van gesondheid en visserye was by die oshanas om monsters te neem vir wetenskaplike diagnose. Hulle vermoed ‘n moontlike siekte wat visse aantas weens swam-infeksies. Die woordvoerder van die gesondheidsministerie Walters Kamaya sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar word nog op die uitslae van die monsters gewag.