Gesondheid van leerders onder die loep

Die onderwysministerie beplan om saam met die gesondheidministerie ‘n landwye leerdergesondheidsopname te doen. Die opname sal definitiewe data oor die impak van damprook insamel en sal na verwagting van Julie tot Augustus duur. Dit sal ook kyk na die gewoontes van leerders wat sosiale media gebruik. Die onderwysministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, sê die opname sal beide ministeries rig oor die intervensies wat ontwikkel moet word. Die twee ministeries en Unam loods ook gesamentlik die Namibië Skoolgesondheidsnavorsingsnetwerk, wat die wêreldwye skoolgesondheidsopname sal institusionaliseer om gereelde data in te samel.