Gesondheid spreek dialise, intensiewe sorg aan
Die regering bestee ongeveer 100 miljoen Namibiese dollar jaarliks om staatspasiënte na privaat hospitale vir hoësorgbehandeling en veral dialise te stuur. Die minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula sê die regering spreek die kwessie aan.