Gesondheid sê (uiteindelik) oor Rehoboth se Covid-gevalle

Die gesondheidsministerie het ‘n verklaring in verband met die Covid-gevalle op Rehoboth uitgereik. Die dorpsraad het Vrydag geflikflooi oor die saak en eers gesê daar is nege gevalle maar geen maskers in voorraad nie en toe die stelling teruggetrek. Nou sê die ministerie die gevalle is by skole aangemeld – St. Joseph’s het een en die res is by Dr. Lemmer. Sedert 8 Februarie was daar 20 gevalle waarvan nege aktief is. Die ministerie sê die skool se interhuis-atletiek wat vir volgende week beplan was moet gekanselleer word en alle Covid-maatreëls moet streng toegepas word.