Gesondheid, onderwys moet intree by privaatskool: Masels, brandsiekte en pampoentjies
Ouers van leerders by die Oshakati Privaatskool doen ‘n beroep op die ministeries van gesondheid en onderwys om die privaatskool te inspekteer. Na bewering word leerders geteister deur aansteeklike siektes soos pampoentjies, brandsiekte en masels. In Maart het pampoentjies in verskeie staatskole in Oshakati uitgebreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gepraat wat sê dat die situasie onder beheer is.