Gesondheid is gereed vir M-pokke

M-pokke is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale kommer verklaar. Dit kom op die hakke van die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming wat die virusinfeksie tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand op die vasteland verklaar het. Meer as 14 000 gevalle en 524 sterftes is in Afrika aangeteken, en in Suid-Afrika neem gevalle ook toe. Die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sê meganismes is in plek om M-pokke op te spoor sodra dit hier aanland.