Gesondheid gerat vir M-pokke 

Namibiese gesondheidsowerhede is op ‘n hoë gereedheid grondslag met die aankoms van M-pokke in Suid-Afrika. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ben Nangombe sê tot dusver is geen gevalle aangemeld nie maar, hulle is gereed om enige gevalle te isoleer en te behandel. M-pokke is ‘n hoogs aansteeklike, en gevaarlike vorm van waterpokke. In die buurland neem gevalle toe en ses nuwe gevalle is aangekondig wat die totale gevalle tot op 13 te staan bring.