Geslagsgeweld: Klem moet op trauma wees, nie sake nie

Twee vroue het volgens die polisie se misdaadverslag deurgeloop onder hulle kêrels, teen wie hulle reeds talle klagte van aanranding gelê het. Hulle het egter die klagte teruggetrek en een, van Okombahe, is nou in die lykshuis en die ander, van Swakopmund, lê in die hospitaal met steekwonde regoor haar lyf. Nampol is uiters bekommerd oor die voortgesette onttrekking van geslagsgebaseerde geweldsake deur klaers. Kosmos 94.1 Nuus het die sosiale aktivis Linda Baumann vir haar reaksie gevra.