Geskorste Namcor-besturende direkteur eis sy pos terug
Immanuel Mulunga, die geskorste besturende direkteur van Namcor, die nou beleërde staats-oliemaatskappy, het in ‘n brief aan die maatskappy se direksie, en die ministers van finansies en myne en energie vir sy onmiddellike heraanstelling geëis. Hy het gesê hy sal die hoërhof nader indien hulle hom nie weer aanstel nie. Mulunga is op 4 April geskors na ‘n vergadering met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi. Die raad het volgens berigte teen Mulunga gedraai en net voor ‘n vergadering oor die betaling van 100 miljoen Namibiese dollar deur Mulunga aan ‘n Angolese maatskappy, is die raads-voorsitter Jennifer Comalie gearresteer na dwelms glo in haar voertuig gevind is. Namcor se woordvoerder Paulo Coelho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n raads-kwessie waaroor hy later terugvoering sal gee.