Geskorse OB stel klankopnames bekend

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane het klank-opnames vrygestel van omkopery-bewerings teen drie ANC-parlementslede. Hulle is wyle Tina Joemat-Pettersson, die voorsitter van die komitee wat Mkhwebane se geskiktheid vir die amp ondersoek, Richard Dyantyi, en die ANC se hoofsweep in die Parlement, Pemmy Majodina. Mkhwebane het op ‘n nuuskonferensie gesê die drie LP’s het probeer om 600 000 Suid-Afrikaanse rand by haar man, Mandla Skosana, af te pers en het klank-opnames van Skosana se gesprek met Joemat-Pettersson vrygestel. Mkhwebane beweer die omkopery het begin toe Joemat-Petterson die ondersoek bygewoon het.