Geskiedkundie Polaris Dawn ruimtesending voltooi

SpaceX se Polaris Dawn-span het teruggekeer na die Aarde na vyf dae in ‘n wentelbaan, na ‘n geskiedkundige sending wat die wêreld se eerste kommersiële ruimtewandeling behels het. Die Dragon-kapsule het omstreeks 25 oor 3 vanoggend in die see naby die kus van Florida neergeplons. Dit is lewendig deur SpaceX gestroom. Die Amerikaanse ruimte-agentskap, NASA, sê die sending verteenwoordig “‘n reuse sprong vorentoe” vir die kommersiële ruimtebedryf.