Geskiedenis word Saterdag in Frankryk gemaak

Die wenner van Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal die geskiedenisboeke herskryf deur die eerste land te word om ‘n vierde titel te verower. Die Springbokke het die Webb Ellis-trofee in 1995, 2007 en 2019 gewen, terwyl die All Blacks die wenners was in 1987, 2011 en 2015. Die Wallabies is ‘n tweemalige wenner, terwyl Engeland se oorwinning in 2003 steeds die Noordelike Halfrond se enigste Wêreldbeker-titel is. Nieu-Seeland se afrigter, Ian Foster, sê die ontmoeting tussen hierdie tradisionele vyande sorg vir die perfekte eindstryd: