Geskende liggaam in Zambezi-vloedvlaktes gevind

Die liggaam van ‘n man is in water in die vloedvlaktes by die Mponje-nedersetting in Lisikili in die Zambezi-streek gevind. Plaaslike media berig dat die oorskot sonder sy arms en private dele gevind is en dat ‘n visserman op die lyk wat in die water gedryf het, afgekom het. Die oorskot is blykbaar die van die 38-jarige Kapali Mate wat verlede Saterdag as vermis aangemeld is nadat hy saam met vriende uitgegaan het. Die Zambezi-polisie se streeksmisdaadkoördineerder, adjunkkommissaris, Kenneth Simbawe sê ‘n saak van moord word ondersoek en dat daar wel leidrade is met die ondersoek wat in ‘n gevorderde stadium is.