Gesinne betoog vir opgesluite SA ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee
Die gesinne van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat reeds 634 dae wederregtelik in Ekwatoriaal-Guinee aangehou is, het vandag ‘n vreedsame betoging gehou by die Afrika Energieweek in Kaapstad. Hulle vra begenadiging en beklemtoon dit eis ‘n ernstige tol op die gesondheid van Frik Potgieter en die Brits-Suid-Afrikaanse burger, Peter Huxham. Woordvoerder Francois Nigrini versoek die Suid-Afrikaanse en Britse ministers om in te gryp om die mans se vrylating te verseker.