Gesamentlike poging sal munisipale skuld, energiediefstal hokslaan

Eskom vra ‘n samewerkende benadering om die toenemende munisipale skuld en wydverspreide energiediefstal te hanteer. Die kragnutsmaatskappy moedig die regering, gemeenskappe en munisipaliteite aan om saam te werk om die probleme op te los en finansiële bestendigheid te verseker. Eskom se voorsitter Mteto Nyati het op ‘n nuuskonferensie gesê die kwessies is groot uitdagings vir die verskaffer, met onbetaalde munisipale rekenings en onwettige verbindings wat koste opstoot en dienslewering strem.