Gershkovich besoek van sy konsulaat geweier
Rusland se ministerie van buitelandse sake het geweier dat die Amerikaanse joernalis, Evan Gershkovich, ‘n besoek van sy konsulaat ontvang. The Wall Street Journal-verslaggewer word sedert verlede maand aangehou op aanklagte van spioenasie, maar hy ontken die aanklagte. Die ministerie sê hy het die versoek uit weerwraak verwerp omdat Amerika weier om visums te gee aan Russiese joernaliste wat beplan om die minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, op ‘n reis na die Verenigde Nasies te vergesel. Amerika sê Gershkovich word onregmatig aangehou en eis sy onmiddellike vrylating.