Gereghof hoor vandag Duitse saak aan

Duitsland verdedig homself vandag voor die Internasionale Geregshof in ‘n saak van die beweerde oortreding van die Volksmoordkonvensie van die Verenigde Nasies, wat deur Nicaragua gebring is. Die Sentraal-Amerikaanse land vra die hof om Berlyn se wapenverkope aan Israel te verbied en voer aan die verkope kom neer op volksmoord en omdat befondsing van die VN se hulpagentskap, Relief and Works Agency for Palestine Refugees, gestaak is. Daar word berig Duitsland het verlede jaar 23-persent van Israel se militêre toerusting verskaf, ter waarde van 6,7 miljard Namibiese dollar.