Gerco van Deventer se vrylating word oorweeg

ʼn Onderhandelaar vir Gift of the Givers het bevestiging ontvang van die ontvoerders van die Suid-Afrikaanse gyselaar, Gerco van Deventer, dat sy onvoorwaardelike vrylating oorweeg word. Die onderhandelaar, Mohamed Yehia Dicko, is in Mali waar die paramedikus, van Swellendam in die Wes-Kaap, aangehou word nadat hy in November 2017 in Libië ontvoer is. Die humanitêre organisasie pleit by Al-Qaeda vir Van Deventer se vrylating sonder die betaling van ʼn losprys, as ʼn gebaar van welwillendheid. Die organisasie is ook in verbinding met Mali se staatsveiligheid, wat volle samewerking beloof. Imtiaz Sooliman, Gift of the Givers se voorsitter en stigter…