Gerard Depardieu verloor ere-burgerskap

Die Belgiese munisipaliteit Estaimpuis het die ere-burgerskap van die Franse rolprentlegende Gerard Depardieu herroep. Dit volg op die vrouehaat-opmerkings wat hy gemaak het in ‘n onlangse dokumentêr met die titel The Fall of the Ogre. In die dokumentêr maak die akteur eksplisiete seksuele opmerking in die teenwoordigheid van ‘n vroue-tolk tydens ‘n reis in 2018 na Noord-Korea. Intussen het die Franse minister van Kultuur, Rima Abdul Malak, begin met ‘n dissiplinêre ondersoek om vas te stel of Depardieu ontneem moet word van Frankryk se hoogste eerbewys – lidmaatskap van die Legioen van Eer.