Geplakte piesang teen die muur verkoop vir N$11 miljard

Die kunstenaar, Maurizio Cattelan se skepping met die titel Comedian, is by ʼn veiling in New York vir meer as 11 miljard Namibiese dollar verkoop. Dit bestaan uit een piesang wat teen ʼn muur vasgeplak is en foto’s daarvan het soos ʼn veldbrand versprei. Die Chinese versamelaar en stigter van ʼn kriptogeldeenheid-platform, Justin Sun, het die werk gekoop. Sun sal ʼn rol kleefband en een piesang ontvang, asook ʼn egtheidsertifikaat en amptelike aanwysings om dit te installeer. David Galperin van Sotheby’s beskryf Comedian as ʼn rebelse en geniale werk: