Georgië se nuwe wetgewing het EU warm onder die kraag

Die Europese Unie het ‘n konsepwet in Georgië gekritiseer wat volgens die Russiese President Vladimir Putin se beperkende regime vir media- en nieregeringsorganisasies geskryf is. Onlustepolisie het waterkanonne en traangas gebruik om duisende betogers uiteen te jaag wat in die Georgiese hoofstad, Tbilisi die strate ingevaar het. Hulle het betoog teen ‘n wet wat nie-regeringsorganisasies en mediagroepe as buitelandse agente beskou indien hulle meer as 20 persent van hulle fondse van buitelandse bronne ontvang. Die EU sê die wet ondermyn Georgië se verklaarde doel om lid van die unie te word.