Georgia-verkiesingswerker wend haar aan die hof

Die voormalige verkiesingswerker van Amerikaanse deelstaat Georgia, Wandrea Shaye Moss het in haar lastersaak teen oud-New York burgemeester Rudy Giuliani gesê sy verlaat selde haar huis, ly aan paniekaanvalle en het nagmerries na sy talle dreigemente en rassistiese boodskappe ontvang het. Haar naam het na vore gekom na Giuliani haar uitgewys het.

Giuliani het reeds beken hy het gelieg oor Moss en het haar belaster. Tydens die hofsessie is van die stemnotas wat sy ontvang het, gespeel.