Georgia se verkiesing nie gesteel nie – Pence
Amerika se voormalige visepresident, Mike Pence, weerspreek oudpresident Donald Trump se volgehoue bewerings van verkiesingsbedrog in 2020. Trump en 18 ander is Maandag deur Georgia se distriksprokureur, Fani Willis, aangekla weens pogings om die verkiesingsuitslag in die staat om te keer. Pence het by die nasionale konferensie van staatswetgewers se wetgewende beraad in Indianapolis gesê, hy het op 6 Januarie 2021 sy plig gedoen om die mag op vreedsame wyse volgens die Grondwet oor te dra: