George Michael kry muntstuk

Die ontslape Britse sanger en liedjieskrywer George Michael word vereer met ‘n persoonlike versamelbare muntstuk. Brittanje se Royal Mint sê die nuwe muntstuk, wat Michael uitbeeld met sy handelsmerk-sonbril, bring hulde aan die musiekster se 1987-enkelsnit “Faith”. Amptelik goedgekeur deur Michael se boedel, is dit ontwerp deur kunstenaar en beeldhouer Sandra Deiana. Michael, wat in die 1980’s met Wham groot sukses behaal het voor hy ’n solo-loopbaan begin het, is op Kersdag in 2016 op die ouderdom van 53 oorlede. Wham! se blywende 1984-feesliedjie “Last Christmas” het uiteindelik die Kersfees Nommer 1-plek in Brittanje ingeneem, 39 jaar ná sy vrystelling.