George-ingenieur word ondersoek
Dit het aan die lig gekom die Suid-Afrikaanse Ingenieursraad ondersoek die raadgewende ingenieur wat toesig hou oor die oprigting van die gebou in George wat ingetuimel het. Die gebou het verlede Maandag ineengestort en die lewens van 33 werkers geëis, terwyl 19 nog vermis word. Volgens News24 het die raad se ondersoekkomitee in Februarie aanbeveel dat Atholl Mitchell van verskeie oortredings van sy gedragskode aangekla word. Mitchell is nie skuldig bevind nie. Die raad se tribunaal sal binnekort die saak aanhoor.