George Clooney sê Biden moet aftree
Die bekroonde akteur en reuseskenker aan die Amerikaanse Demokratiese Party, George Clooney het president Joe Biden versoek om te onttrek aan die presidensiële wedloop. In ‘n artikel in die New York Times sê hy die Biden wat hy drie weke gelede tydens ‘n fondsinsameling teëgekom het, is nie dieselfde as die president wat hy in 2010 leer ken het nie. Clooney sê daar kan nie aanvaar word die Demokrate het hul keuse vir kandidaat afgehandel nie. Hy sê Biden het geen kans om teen oudpresident Donald Trump te wen nie.