George Ballot, Skollie van Vyfster, sterfOctober 4, 2023

Die geliefde akteur George Ballot is dood in sy huis aangetref. Daar word berig hy het vermoedelik reeds Saterdag in sy bed in Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap gesterf. Ballot was veral bekend vir sy rol as Skollie in die TV-drama Vyfster en die rolprent Vyfster: Die slot. Sy buurvrou het die polisie Maandagoggend ontbied en hulle het op sy liggaam afgekom. Daar word vermoed dat hy ‘n hartaanval of aneurisme gehad het.