Geopolitiek kan Afrika 4% van sy BBP kos
Die Internasionale Monetêre Fonds waarsku in ‘n verslag dat Afrika ‘n permanente ekonomiese knou kan kry as geo-politieke spanning die wêreld-ekonomie versplinter in opponerende handelsblokke rondom Amerika en China. Dit het beraam dat Afrika suid van die Sahara ‘n afname van 4 persent in die bruto binnelandse produk na tien jaar onder ‘n ernstige weergawe van hierdie opponerende wêreld kan sien. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en media-studies, gepraat.