Geologiese opnames vir Namibiese kaart onderweg

Die ministerie van myne en energie is besig met ‘n landwye geologiese opname. Hierdie projek, wat in die Hardap-streek begin het, het ten doel om streeksgeologiese kaarte van Namibië se landskap te ontwikkel. Die ministerie hoop om vroeg in 2025 klaar te wees met die opname. Kosmos 94.1 Nuus het met Giesberta Shaanika, ‘n geoloog by die ministerie van myne, gesels wat gesê het dat hulle meer hulpbronne benodig om die opname vir die res van die land te voltooi.