Geofisikus sê gevare rondom Grindavik sal voortduur

Ysland het ‘n reuse-uitdaging met die jongste vulkaniese uitbarsting. Michele Paulatto, ‘n geofisikus by Imperial College in Londen sê die jongste uitbarsting gedra hom anders as die onlangse een so dit is moeilik om ‘n voorspelling te maak. Hy voeg by daar is gevare rondom die vissersdorpie Grindavik wat sal voortduur.