Gemengde uitslae vir SA-spanne in VRK

Die Haaie het hulle beste voetjie voorgesit en Munster oortuigend met 41 -24 in Durban geklop in hulle vyfde wedstryd van die Verenigde Rugby Kampioenskap. In ‘n vroeër wedstryd het die Bulle Benetton met 17-15 ore aangesit. Die Leeus, wat vierde op die punteleer is, het met 24-6 teen die voorlopers op die punteleer, Leinster, verloor. En die Stormers kon in versengende hitte in Stellenbosch nie munt slaan uit hulle tuisveld-voordeel nie en het met 28 -17 verloor teen die verdedigende kampioene Glasgow Warriors.