Gemeenskappe moet zama-zama’s help bekamp

Die Suid-Afrikaanse regering moedig gemeenskappe aan om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk as deel van die nasionale poging om onwettige mynbedrywighede te bekamp. Sowat vier-duisend onwettige mynwerkers weier om uit ʼn ongebruikte mynskag by Stilfontein in Noordwes te kom. Die regering sê onwettige mynbedrywige is ʼn misdaad en oortreding van Suid-Afrikaanse wette. Dis ook deel van talle ekonomie-verwante misdade. Hy voeg by die land se veiligheid en sekerheid is ononderhandelbaar.