Gemeenskappe misbruik vergoeding

Die Namibiese omgewingsministerie het ‘n selfstandigheidskema van stapel gestuur om mens-dier-konflik te bestuur. Die ministerie sê dat vergoeding vir verliese misbruik word en gemeenskappe moet eerder selfstandig raak in verband met die uitdaging. Vergoeding het in ‘n probleem ontaard met gerugte dat diere somtyds opsetlik naby roofdiere geplaas word net om die betaling te ontvang. Die staat besit al die wilde diere in bewaringsgebiede maar, kan ingevolge die wet nie verantwoordelik gehou word vir enige verliese nie, nie eers in ‘n menslike sterfgeval nie – al erken hy dat hy wel ‘n morele verantwoordelikheid het. Sedert 2008 is amper 42 miljoen Namibiese dollar uitbetaal met ‘n piek in 2022 toe 9,2 miljoen dollar betaal is in vergoeding.