Gemeenskappe by vloedvlakte gemaan om nie vis te eet
Gemeenskappe rondom die Shanalumono-vloedvlakte word gemaan om nie vis van die vloedwater te eet nie, aangesien daar ‘n moontlike siekte is. Dooie visse en sommiges met bloedkolle is ontdek langs die vloedvlaktes in die Ongenga-kiesafdeling in die Ohangwena-streek. Amptenare van die ministeries van gesondheid en visserye was by die oshanas om monsters te neem vir wetenskaplike diagnose. Hulle vermoed ‘n moontlike siekte wat visse aantas weens swam-infeksies. Die streeksraad en die ministerie van visserye waarsku die gemeenskappe om nie die vis te vang en te eet nie.