‘Gemeenskap te blameer’ vir dwelms, drank by skole
Daar is groot kommer oor die misbruik van drank en dwelms onder leerders. Onderwysers in die noordelike dele van die land sê kinders kom onder die invloed skool toe. Sommige van hulle verkoop selfs dwelms en drank by skole. Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese studente-organisasie Nanso, sê die kwessie is nie die onderwysstelsel wat misluk nie.