Gemeenskap betuig dankbaarheid vir hoofvrou se bystand

Honderde gemeenskapslede van Ohailombo en omliggende dorpe in die Oshikoto-streek het saam met die Ohailombo-hoofvrou, dr Martha Namundjebo-Tilahun, haar landerye bewerk in ‘n gebaar van dankbaarheid vir haar bystand. Die sowat 350 inwoners het hul hulp aangebied deur ‘n seremonie genaamd ‘Oshitemo’. In ruil daarvoor het die hoofvrou en sakepersoonlikheid 150 sakke mieliemeel en 72 bottels kookolie aan die gemeenskap geskenk. Namundjebo-Tilahun het verlede week ook items ter waarde van 100 000 Namibiese dollar aan leerders by Ponhofi Sekondêre Skool in die Ohangwena-streek geskenk. Dit het skooltasse, beddegoed, matrasse, handdoeke en 20 000 dollar in kontant ingesluit.