Gelukwensings stroom in vir stigterpresident se 94ste
Sam Nujoma, die stigterspresident is nog baie sterk en gesond terwyl hy vandag sy 94ste verjaardag vier. Hy word nog steeds as die vader van die nasie deur Namibiërs gerespekteer vir sy leierskap en wysheid nadat hy Namibië na onafhanklikheid in 1990 gelei het. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunkpresident Nangolo Mbumba gepraat wat Nujoma ‘n gelukkige verjaardag toewens.
En sy ou kameraad en tans die voorsitter van die Sam Nujoma-stigting, Nahas Angula sê Nujoma dien steeds die land.