Geloofsektor takel geslagsgeweld

Die organisasie Faith Action to End GBV Collective, het ‘n mobiliserings-veldtog begin weens die kommerwekkende misdaadstatistiek in Suid-Afrika. Tydens die tweede kwartaal is meer as 10 000 verkragtingsvoorvalle aangemeld waarby vroulike slagoffers betrokke was, ondanks ‘n vermindering van 35,9 persent in seksuele misdrywe. Geloofsleiers en gemeenskappe wat aan die veldtog deelneem, beloof om geslagsgeweld te voorkom, in ooreenstemming met die doelwitte van die Nasionale Strategiese Plan. Die koördineerder, Daniela Gennrich, sê die geloofsektor het ‘n belangrike rol om te speel in die bekamping van geslagsgeweld en vrouemoord.