Geldsake van die Statebond se parlementêre vereniging onder die loep

Die parlement bied van vandag tot Vrydag ‘n vergadering van die begrotingskomitee van die Statebond Parlementêre Vereniging se Afrika-streek in Windhoek aan. Die komitee is in beheer van die organisering, fasilitering en formulering van aanbevelings van die vereniging se finansiële beleggings. Lukas Sinimbo Muha, voorsitter van die Nasionale Raad van Namibië, is geskeduleer om Donderdag die vergadering formeel te open. Muha dien tans as die vereniging se Afrika-uitvoerende komitee se vise-voorsitter. Kosmos 94.1 Nuus het met die parlement se senior inligtingsbeampte, Rafael Hangula, oor die belangrikheid van die vergadering gepraat.