Geld bewillig vir hervestiging van generasionele plaaswerkers

Generasionele plaaswerkers en die wat in korridors woon bly ‘n uitdaging in die land. Die adjunk-landbouminister Anna Shiweda het in die parlement ‘n uiteensetting gegee van die bedrag wat die ministerie gekry het om grond vir die hervestiging van hierdie plaaswerkers te bekom. Sy sê dit is nie genoeg nie, maar wanneer hulle nog fondse kry sal hulle meer grond beskikbaar maak.